1 EN met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.
2 As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ’n mens behoort te weet nie.
3 Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.
4 Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ’n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.
5 Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is — soos daar baie gode en baie here is —