1 EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;
3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.
4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.