5 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.
6 Maar nou dat Timótheüs net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd ’n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle —
7 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.
8 Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here.
9 Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,
10 terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
11 Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;