5 En verder, as iemand aan ’n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.
6 Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.
7 Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!
8 Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,
9 waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ’n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.
10 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.
11 Dit is ’n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.