2 Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;
3 want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.
4 Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
5 Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,
6 wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op ’n voor God waardige wyse.
7 Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.
8 Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.