1 OM hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is —
2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,
3 dat Hy aan my deur ’n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
7 waarvan ek ’n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.