1 PAULUS, ’n gevangene van Christus Jesus, en die broeder Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en ons mede-arbeider,
2 en aan Áppia, die geliefde suster, en aan Archíppus, ons medestryder, en aan die gemeente wat in jou huis is:
3 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
4 Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,
5 omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,