7 soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.
8 Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.
9 En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,
10 om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,
11 vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.
12 En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,
13 sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,