16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot ’n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.
17 Maar al word ek as ’n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;
18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.
19 EN ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.
20 Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;
21 want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.
22 Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos ’n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.