19 EN ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.
20 Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;
21 want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.
22 Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos ’n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.
23 Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan;
24 en ek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.
25 Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur,