4 En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
5 Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.
6 Hy is tuis by ’n sekere Simon, ’n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.
7 En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en ’n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,
8 en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.
9 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;
10 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ’n verrukking van sinne oor hom gekom: