1 EN op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat ’n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.
2 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
3 Hulle het toe ’n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.
4 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.
5 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, ’n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,
6 het hulle dit gewaargeword en gevlug na die stede van Likaónië, Listre en Derbe en die omstreke.
7 En daar het hulle die evangelie verkondig.