23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
24 Toe gaan hulle deur Pisídië en kom in Pamfílië;
25 en nadat hulle die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.
26 En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochíë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.
27 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy ’n deur van geloof vir die heidene geopen het.
28 En hulle het daar by die dissipels ’n geruime tyd deurgebring.