28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
29 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!
30 So is hulle dan weggestuur en het in Antiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.
31 En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.
32 En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.
33 En nadat hulle ’n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.
34 Maar Silas het besluit om daar te bly.