22 Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en sê: Weg van die aarde met so ’n mens, want hy behoort nie te lewe nie!
23 En terwyl hulle so skreeu en hulle klere afgooi en stof in die lug werp,
24 het die owerste oor duisend bevel gegee dat hy in die kamp gebring moes word, en gesê dat hulle hom met géselslae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom uitroep.
25 En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om ’n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?
26 Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en sê: Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is ’n Romein.
27 En die owerste oor duisend het gekom en hom gevra: Sê vir my of jy ’n Romein is? En hy antwoord: Ja.
28 Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir ’n groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur geboorte.