14 En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak van Paulus aan die koning voorgelê en gesê: Hier is ’n man deur Felix as gevangene agtergelaat,
15 teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem was, ’n klag ingedien en vonnis teen hom gevra het.
16 En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens by wyse van guns aan die dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.
17 Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man voor te bring.
18 Die beskuldigers het teen hom opgetree en geen beskuldiging ingebring van dinge soos ek verwag het nie,
19 maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor ’n sekere Jesus wat dood is, van wie Paulus verklaar het dat Hy lewe.
20 En omdat ek met die ondersoek hiervan verleë was, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan;