1 EN eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Melíte genoem word.
2 En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het ’n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.
3 En Paulus het ’n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en ’n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
4 En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis ’n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.
5 Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.
6 En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ’n god was.