40 En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.
41 En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.
42 En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.
43 En hy het ’n geruime tyd in Joppe gebly by ’n sekere Simon, ’n leerlooier.