11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ’n voetbank van sy voete.
14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;
16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.