30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
32 Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ’n groot lydensworsteling deurstaan het,
33 gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge ’n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so ’n toestand verkeer het.
34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ’n beter en blywende besitting in die hemele het.
35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat ’n groot beloning het, nie weg nie.
36 Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.