5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as ’n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,
6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.
7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
10 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,
11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.