11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want met die oog daarop het die volk die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat ’n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;
13 omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ’n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.
14 Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.
15 En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,
16 een wat dit geword het nie kragtens die wet van ’n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.
17 Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.