7 Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.
8 En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.
9 En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;
10 want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.
11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want met die oog daarop het die volk die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat ’n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;
13 omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ’n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.