1 DIE hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ’n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
2 ’n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ’n mens nie.
3 Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer.
4 Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,
5 hulle wat ’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ’n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.