48 Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
49 Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.
50 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!
51 Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
52 En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.