49 En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie
50 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.
51 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe.
52 En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot ’n eenheid saam te voeg.
53 Van dié dag af het hulle toe saam beraadslaag om Hom om die lewe te bring.
54 Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode gewandel nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na ’n stad met die naam van Efraim. En daar het Hy vertoef met sy dissipels.
55 En die pasga van die Jode was naby; en baie het uit dié landstreek na Jerusalem opgegaan voor die pasga om hulle te reinig.