10 En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,
11 omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.
12 DIE volgende dag het ’n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,
13 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
14 En Jesus het ’n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:
15 Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ’n esel.
16 Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.