4 Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
5 Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
6 En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
7 Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
8 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
9 En ’n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.
10 En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,