16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ’n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ’n man nie;
18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.
19 Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ’n profeet is.
20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.
21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.