1 DAARNA het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan;
2 en ’n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
3 En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.
4 En die pasga, die fees van die Jode, was naby.
5 Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat ’n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
6 Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen.