68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
70 Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!
71 En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.