14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
15 EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
16 Maar Hy antwoord hom: ’n Sekere man het ’n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.
17 En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.
18 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ’n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk Ek vra u, verskoon my tog.
19 En ’n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
20 En ’n ander een het gesê: Ek het ’n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.