2 En daar was voor Hom ’n man wat die water gehad het.
3 En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?
4 Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.
5 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in ’n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
6 En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.
7 EN toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides ’n gelykenis en sê vir hulle:
8 Wanneer jy deur iemand na ’n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,