28 En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.
29 EN toe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur
30 en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle ’n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.
31 En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? — moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.
32 En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het.
33 En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?
34 En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.