40 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.
41 En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween
42 en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.
43 Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ’n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.
44 En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.
45 EN toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.
46 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis is ’n huis van gebed. Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.