6 Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.
7 En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by ’n sondige man tuisgegaan.
8 Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.
9 Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ’n seun van Abraham is.
10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
11 EN terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ’n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.
12 Hy het dan gesê: ’n Man van hoë geboorte het na ’n ver land gereis om vir homself ’n koningskap te ontvang en dan terug te kom.