44 En toe Hy in ’n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.
46 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
47 EN terwyl Hy nog spreek, kom daar ’n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen.
48 En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n kus?
49 En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?
50 En een van hulle het die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap.