53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ’n graf wat uit ’n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
54 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
55 En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.