10 Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,
11 en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.
12 En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
13 En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy ’n tyd lank van Hom gewyk.
14 EN Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar het ’n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan;
15 en Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.
16 Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.