1 EN daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,
2 ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,
3 en Johanna, die vrou van Gusa, ’n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
4 EN toe daar ’n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ’n gelykenis:
5 ’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ’n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.
6 En ’n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
7 En ’n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.