17 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.
18 Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.
19 EN sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.
20 Toe bring hulle Hom die boodskap en sê: U moeder en u broers staan buite en wil U sien.
21 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen.
22 EN op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in ’n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar
23 En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar ’n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.