19 En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
20 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!
21 Toe gee Hy hulle ’n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie.
22 En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
23 EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
25 Wat baat dit ’n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?