49 EN Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
50 Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vír ons.
51 EN toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis,
52 en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in ’n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.
53 En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.
54 En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?
55 Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie;