41 En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!
42 En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.
43 En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg
44 en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot ’n getuienis vir hulle.
45 Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in ’n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.