36 Toe hardloop een en maak ’n spons vol asyn en sit dit op ’n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom af te haal.
37 Maar Jesus het met ’n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.
38 En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.
39 En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.
40 En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdaléna ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salóme —
41 hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galiléa was — en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.
42 EN toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,