15 en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.
16 En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee;
17 en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus — aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder —
18 en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,
19 en Judas Iskáriot, hy wat Hom verraai het.
20 EN hulle het in ’n huis gegaan, en ’n skare het weer saamgekom, sodat hulle selfs nie brood kon eet nie.
21 Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.