11 En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom ’n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.
12 Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag ’n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.
13 En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.
14 En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.
15 En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.
16 Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.
17 En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nog jul verharde hart?