42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
44 VERDER is die koninkryk van die hemele soos ’n skat wat verborge is in die saailand, wat ’n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.
45 Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n koopman wat mooi pêrels soek;
46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.
47 Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;
48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.