2 en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom.
3 Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.
4 Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.
5 En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, omdat hulle hom vir ’n profeet gehou het.
6 Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.
7 Daarom het hy met ’n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.
8 Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ’n skottel die hoof van Johannes die Doper.