28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.
29 EN toe hulle uit Jérigo uitgaan, het ’n groot menigte Hom gevolg.
30 En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!
31 En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!
32 Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?
33 Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word.
34 En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.